- Lyrics
- Album list
Kobus!
-
Aardskok
Lyricist:Francois Blom, Theo Crous
Die aarde is aan die brand Die aardskok rol regdeur die land Miermense skarrel ondergrond sonder vrug Eensame aasvoëls stippel die lug
Ons hardloop hand aan hand Deur die gloeiende kole op blouberg se strand Die wind waai warm deur die wolke van bo Swart soos die trane in jou oë
Die mal verwarring sleur ons mee Saam met gillende mense langs die brandende see Ek voel jy struikel en my hart stop van skrik Skielik word jou hand uit myne geruk
Ek veg vergeefs deur die mensevlaag Terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag Ek gil jou naam maar my woorde kwyn Terwyl ek magteloos toekyk hoe jy tussen die mense verdwyn
Die pad is krom ons gids is stom Party sê hul weet maar die meeste is dom Find more lyrics at ※ Mojim.com Deur al hierdie chaos sal ek jou kry Ek moet jou weer kry
Ek soek jou in doodloopstrate Winkelsentrums, koud verlate Ek dwaal tussen mense Rusteloos soos ek in hierdie dooie plek
Die pad is krom ons gids is stom Party sê hul weet maar die meeste is dom Deur al hierdie chaos sal ek jou kry Ek moet jou weer kry
Die dae gaan nou vinnig verby Met hierdie mal nuwe wêreld rondom my Om elke hoek dink ek hoor ek jou stem Maar teleurstellings kerf my hart soos 'n lem
Ek hoop dat jy ook na my soek Dat jy ons liefde onthou deur hierdie aardse vloek Ek dink aan jou glimlag teen my groeiende vrees Ek dink aan jou my liefling waar jy ookal mag wees
-
|